MunicipalNews

‘Kunstenaars’ ontsier eiendom

Raadslid vir die area wil weet of dit vandalisme of kwaadwillige beskadiging is.

Beskadiging van eiendom met spuitverf steek weereens sy kop uit.

Die suursteenmuur van die elektriese substasie op die hoek van Garrick- en Dinglestraat het erg deurgeloop onder die vandale.

“Dieselfde gebou is ‘n paar jaar gelede deur werkers van die plaaslike raad skoongemaak, waarna dit netjies vertoon het in ons area,” sê DA Raadslid van Wyk 18, Annette Fourie.

“Verskeie ander nuutgeverfde geboue, verkeerstekens en mure van privaat wonings in die dorp is ook beskadig.

“As jy hieroor skuldig voel, vat jou skoonmaakmiddels en begin skoonmaak.

“Aan al die inwoners wat hard werk om ons area skoon te hou, ‘n groot dankie,” sê Fourie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.
Back to top button