Elections 2014Local newsNews

Spesiale stem-aansoeke oop

Hierdie kiesers sal op 5 en 6 Mei kan stem by die stemlokaal waar hulle geregistreer is.

In die komende Algemene Ver-kiesing sal kiesers landwyd spesiale stemme kan uitbring.

Twee kategorieë van spesiale kiesers sal op 5 of 6 Mei van ‘n spesiale stem kan gebruik maak. Dit is die twee dae voor die hoofverkiesingsdag op Woensdag 7 Mei.

Die kieser moet ‘n aansoekvorm vir ‘n spesiale stem invul. Hierdie vorm moet tussen 7 en 17 April by die OVK ingedien word.

DA-raadslede sal kiesers bystaan deur die aansoekvorms beskikbaar te stel en dit dan teen die sperdatum by die OVK in te dien.

Kiesers wat geregtig is op ‘n spesiale stem, is gestremdes, siek, swanger of verswakte ouer mense. Hulle sal op 5 of 6 Mei besoek ontvang van OVK-amptenare, vergesel deur ‘n party-agent of agente, wanneer hulle dan tuis kan stem. Hulle kry twee stembriewe: een vir die Provinsie en een vir die Nasionale Vergadering.

Tweedens kan kiesers wat nie op 7 Mei in hulle stemdistrikte sal wees nie, of diegene wat nooddiens lewer of kiesbeamptes is, ook aansoek doen om ‘n spesiale stem deur die aansoekvorm in te vul.

Hierdie kiesers sal op 5 en 6 Mei kan stem by die stemlokaal waar hulle geregistreer is. ‘n Kieser se ID word altyd vereis wanneer by ‘n stemlokaal of tuis gestem word.

Dit sal ‘n bewys wees vir die OVK dat die kieser geregistreer is. ‘n Tydelike ID sal aanvaar word, maar ‘n bestuurderslisensie of paspoort is nie aanvaarbaar nie.

Skakel asseblief u DA-raadslid of die Wes-Randse Streekskantoor van die Demokratiese Alliansie by 011 660 7813 vir verdere bystand.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Janine Viljoen

Janine Viljoen is a seasoned journalist with more than 17 years’ experience. She has worked as a newspaper editor, mentored numerous journalism students, and is currently the sub-editor for the award-winning Caxton Joburg West publications. Her passion lies in developing young journalists and telling compelling human-interest stories.
Back to top button