Editor's choiceLocal newsNews

AfriForum stig ‘n tak in Krugersdorp

AfriForum gryp in omdat inwoners moeg is vir swak dienslewering en vir beweerde onreëlmatighede by die Mogale City Plaaslike Munisipaliteit.

Die burgerregte-organisasie AfriForum sal eersdaags nog dieper spore in die Wes-Rand trap nadat hulle op 2 April ‘n tak in Krugersdorp gestig het.

Dit nadat bekommerde inwoners AfriForum genader het oor swak dienslewering en beweerde onreëlmatighede by die Mogale City Plaaslike Munisipaliteit.

Die tak beoog om ook aandag aan verskeie veiligheidskwessies en omgewingsake te skenk.

Marcus Pawson (links), AfriForum se gemeenskapskoördineerder vir Gauteng-Suid en Pieter Rautenbach (regs), hoof van plaaslike regeringsake by AfriForum tydens die stigting van Afriforum se Krugersdorp-tak.
Marcus Pawson (links), AfriForum se gemeenskapskoördineerder vir Gauteng-Suid en Pieter Rautenbach (regs), hoof van plaaslike regeringsake by AfriForum tydens die stigting van Afriforum se Krugersdorp-tak.

Marcus Pawson, AfriForum se gemeenskapskoördineerder vir Gauteng-Suid sê AfriForum is ‘n doen-organisasie en met die steun van Krugersdorp se inwoners kan hulle nou ook in dié dorp ‘n verskil maak.

Alle inwoners van Krugersdorp en omgewing wat belangstel om hierdie kwessie te ondersteun en deel te word van AfriForum se veldtog om swak dienslewering en korrupsie in plaaslike owerhede stop te sit, word uitgenooi om lid te word en in te skakel by die tak.

Hulle doel is om die Mogale City Plaaslike Munisipaliteit ingevolge munisipale wetgewing en regulasies aanspreeklik te hou, om onreëlmatighede binne die munisipaliteit te beëindig en om die munisipaliteit aan te spoor om sy plig teenoor die gemeenskap na te kom.

“AfriForum behaal sukses landswyd waar gemeenskappe by hulle munisipaliteite betrokke is en ons organisasie met tande hulle steun,” sê Colin Steyn, AfriForum-takvoorsitter in Krugersdorp.

AfriForum sal inwoners ook op plaaslike vlak bemagtig om eienaarskap te neem en self probleme met plaaslike regeringsaspekte die hoof te bied.

Vir meer inligting en ook hoe om aan te sluit kan Colin by 083 633 1715 gekontak word.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button