Local newsNews

VIDEO: Plaaslike nooi stel CD vry

Haar langtermyn doelwit is om eendag een van Suid-Afrika se supersterre te wees wat die land vol toer en sing.

Die 18-jarige Chantelle Hughes het onlangs haar CD by Die Boomhuisie vrygestel.

Chantelle sing al vandat sy 13 jaar oud is en dank haar musikale familie vir haar talent.

“Ek het groot geword in ‘n familie wat baie musikaal is, meestal van my pa se kant af. My ouma was ‘n sangonderwyser in Engeland en het op die ouderdom van sewe voor die Koningin gesing en dans. My oupa en oom was ook in die Zimbabwiese mannekoor en my pa speel enige musiekinstument op gehoor,” sê Chantelle.

As Chantelle nie die plaaslike gehore aan die vlam sing nie, maak sy graag haar eie sjokolade.

“Dit is nogal ‘n storie en ek is nog in die begin stadium en het nog ongelooflik baie om te leer. Ek wil graag my eie unieke sjokolade ontwerp wat eie is net aan my.”

Haar langtermyn doelwit is om eendag een van Suid-Afrika se supersterre te wees wat die land vol toer en sing.

Sy vind die musiekindustrie baie uitdagend en sê ‘n mens moet maar senuwees van staal hê om dit aan te pak.

“Jy is net so goed soos jou laaste optrede, daarom moet jy altyd meer as net jou beste gee. Ek wil darem ook noem dat daar ook baie mense in die industrie is wat meer as bereid is om jong sangers soos ek te help en vir hulle kan ek net baie dankie sê.”

Haar raad aan ander toekomstige sangers, “Hou aan droom en werk hard om jou droom te bewaarheid. Wees uniek en gryp elke geleentheid aan. Glo in jou Skepper want sonder die Here is ons niks en kan ons niks bereik nie.”

Vertel ons wat jy dink:

Gaan loer na Chantelle se musiekvideo en sê vir ons wat jy dink. Los jou kommentaar in die boksie onder aan dié artikel.

Chantelle se volgende optrede sal op 10 Mei by Die Boomhuisie wees.

Vir verdere besonderhede skakel Mad Entertainment by 082 578 7855.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button