Editor's choiceLocal newsNews

Wes-Randse Skool se mooistes gekroon

Wes-Randse Skool se oulikstes en mooistes kry 'n kroon en word bederf tydens 'n glansgeleentheid.

Wes-Randse Skool se mooistes is onlangs tydens ‘n spoggeleentheid by die skool aangewys.

Mnr en Mej Wes-Randse Skool is altyd ‘n hoogtepunt op die skool se kalender en op 16 April het leerlinge behoorlik opgetof en mooi gemaak met die hoop dat hul die blink kroon en skool se skoonheidstitel sou dra.

Organiseerder van vanjaar se geleentheid, Sylvia van Zyl vertel dat dit ‘n kans vir die kinders is om belangrik en spesiaal te voel.

“Om ons kinders by die skool te laat voel dat hul belangrik is, maak ‘n groot deel uit van ons missie,” sê sy.

Die saal en deelenemers was ewe kleurvol opgemaak om by die karnaval-tema te pas en beoordelaars het erken dat dit ‘n moeilike taak was om op die wenners te besluit.

Vir die wat nie bekroon is nie was daar ‘n geskenkpakkie gegee en niemand het met leë hande weggestap nie.

“Dit was belangrik dat almal iets kry want om op die verhoog te wees voor ‘n gehoor is reeds ‘n mylpaal vir die kinders,” vertel Sylvia.

Die volgende leerlinge is as die wenners in die onderskeie katogorieë aangewys:

• Mnr Ramkat: Gabriel Mulaudzi.

• Mej Cuty Pie: Zante Putter.

Mej Cuty Pie Zante Putter.
Mej Cuty Pie Zante Putter.

• Mnr Cool Dude: Johan Holtzhauzen

• Mej Petite: Mariska Rossouw

Wes-Randse Skool se Mej Petite Mariska Rossouw.
Wes-Randse Skool se Mej Petite Mariska Rossouw.

• Mnr Wes-Randse Skool (Junior): Marnus Geyser

• Mej Wes-Randse Skool (Junior): Michaela Venter

• Mnr Wes-Randse Skool (Senior): Clifford Ndiweni

• Mej Wes-Randse Skool (Senior): Mekyla Stephans

• Debutant: Alicia de Bruyn

• Mej Persoonlikheid: Casandra Jordaan

• Mnr Persoonlikheid: David Mc Klopper

“Twee van die wenners, Mariska en David is permanent in ‘n rolstoel, maar vir dié twee was dit geen rede om terug te staan vir hul kompetisie nie,” sê Sylvia.

“Elke kind het vir ‘n oomblik van hul gestremdheid vergeet en ‘n aand van mooi lyk geniet,” sê sy.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button