Elections 2014MunicipalNews

Stemgeregtigdes moet die erns van hierdie verkiesing besef

"Krugersdorp het die DA nodig om dienslewering te verbeter."

“Stemgeregtigdes moet moeite doen om te stem op Woensdag 7 Mei,” sê DA raadslid Jakkie Naudé van Wyk 20 in Krugersdorp.

Die volgende stemlokale is daar geleë:

• Burgershoop Gemeenskapsentrum, hoek van Lagois- en Jamesonstraat, Burgershoop

• Hoërskool Jan de Klerk, Kerkstraat, Krugersdorp.

• Hoërskool Monument, hoek van Tweede- en Bloemmesteinstraat, Krugersdorp-Noord

• Westcol college, Von Brandis- en Kobie Krigestraat, Sentrale Besigheidsgebied

Skakel die DA kantoor by 011 660 7813 vir meer besonderhede van ander stemlokale in Mogale City.

Alle stemlokale sal van 7vm tot 9nm oop wees en al wat kiesers moet saambring is hulle strepiekode identiteitsdokument of die nuwe identiteitskaart.

“Ons sê baie dankie aan al die vrywillige werkers wat die stemlokale gaan beman en veral om vir die bejaarde bewoners wat kom stem dit so gerieflik as moontlik sal maak.

“Krugersdorp het die DA nodig om dienslewering te verbeter.”

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button