MunicipalNews

AfriForum tree op teen Mogale na rioolbesoedeling

AfriForum versoek afskrifte van die munisipaliteit se aksieplanne.

Die burgerregte-organisasie AfriForum het ’n aanmaning gestuur aan Mogale City Plaaslike Munisipaliteit rakende ’n rioolpompstasie waar rou rioolvuil oorloop en in die Magaliesrivier afspoel.

Nog kommerwekkender is die toestand van die pompstasie, waar rou rioolvuil selfs deur krake in die sementmuur syfer.

Plaaslike inwoners het die AfriForum-tak in kennis gestel, waarna ’n takbestuurslid, Eddie Sloan, die pompstasie besoek het saam met die Departement van Waterwese, wat ook van die probleem in kennis gestel is.

“Die Magaliesrivier word besoedel omdat daar nie aan die minimum vereistes vir behandelde rioolvuil voldoen word nie. Rou rioolvuil vloei vrylik en dit kan aanleiding gee tot kriminele klagtes teen die munisipale bestuurder,” sê Marcus Pawson, AfriForum se provinsiale koördineerder vir Gauteng-Suid.

AfriForum versoek afskrifte van die munisipaliteit se aksieplanne en sperdatums vir dringende instandhoudingswerk, asook opgraderings- en uitbreidingsaksies wat vir die betrokke rioolpompstasie beplan word.

Sou die betrokke munisipaliteit nie reageer nie, sal AfriForum in die lig van die dringendheid van die probleem regsweë volg om die probleem op te los om hulle lede en die breër publiek se regte te beskerm.

Die saak het ook gronde om dit aan die Openbare Beskermer en die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie te oorhandig.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button