MunicipalNews

Eiendomseienaars moet hulself van nuwe belastingregulasies vergewis

Krugersdorp se inwoners word aangemoedig om die nodige dokumente te bekom om hulself te vergewis van die voorstelle vir en veranderinge aan die eiendomsbelastingbeleid.

Die Vryheidsfront Plus moedig eienaars van eiendom in die Mogale City munisipale gebied aan om vroegtydig kennis te neem van die voorstelle vir en veranderinge aan die plaaslike eiendomsbelastingbeleid, sê Amanda de Lange, VF Plus-raadslid in die Mogale City-stadsraad in Krugersdorp.

Dit volg nadat Mogale City se munisipale bestuurder, Dan Mashitisho, die eerste kennisgewings oor die konsep-eiendomsbelastingbeleid en -ordonnansies vir die implementering van die Wet op Munisipale Eiendomsbelasting onlangs in die news gepubliseer het.

De Lange sê sy wil eienaars aanmoedig om vroegtydig moeite te doen om die nodige dokumente te bekom om hulself te vergewis van dié voorgestelde eiendomsbelastingbeleid.

Die konsepbeleid is beskikbaar op die Mogale City-webblad by www.mogalecity.gov.za.

Inwoners moet voor of op 26 Mei skriftelik kommentaar indien of vertoë rig aan die finansiële hoofbeampte.

Vrae kan aan die waardasie-eenheid gerig word by 011 951 2301/ 2302/ 2317/ 2329 of 2349.

De Lange sê daar word indringend gekyk na die kwessie van afslag aan pensioenarisse en huiseienaars wat minder as ‘n bepaalde bedrag per maand verdien.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button