Local newsMunicipalNews

Baba se kop gesny gedurende geboorte

Die seuntjie se wonde is besig om gesond te word, maar sy ouers is erg bekommerd oor die letsels wat nie gesien kan word nie.

Rika Roode vrees die ergste nadat ‘n dokter by Dr Yusuf Dadoo Hospitaal haar babaseuntjie gedurende geboorte beseer het.

‘n Verpleegster by die Jan Maree Kliniek het Roode ingelig dat sy moontlik ‘n keiser sal moet ondergaan aangesien haar babatjie moontlik in die brugposisie lê.

Na haar besoek aan die kliniek is Roode en die pa van haar kind, Pieter Hess na Dr Yusuf Dadoo Hospitaal. By die hospitaal is aan Roode gesê dat keisers nie daar gedoen word nie en dat sy normaal geboorte moet skenk, ten spyte van die kliniek se voorstel.

Roode verduidelik dat sy baie gesukkel het om geboorte te skenk en dat verpleegsters by die hospitaal haar moes help deur haar maag te masseer.

Die dokter, wat onbekend is aan Roode, het toe besluit om met instrumente in te tree.

“Die dokter het ‘n suigkoppie gebruik om my kind te probeer uitkry,” sê Roode.

Nadat haar kind se bloeddruk gedaal het, het die dokter aan haar begin sny.

“Hy het my begin sny en sodoende my babatjie se kop in die proses raakgesny.”

Pieter Hess en sy vriendin Rika Roode vrees die ergste nadat 'n onbekende dokter by die Dr Yusuf Dadoo Hospitaal hul seuntjie, Juan-Pierre Hess, tydens geboorte beseer het.
Pieter Hess en sy vriendin Rika Roode vrees die ergste nadat ‘n onbekende dokter by die Dr Yusuf Dadoo Hospitaal hul seuntjie, Juan-Pierre Hess, tydens geboorte beseer het.

Sy noem dat daar geen verduideliking aan haar gegee is na haar kind se geboorte oor hoekom die dokter sulke drastiese stappe geneem het nie.

Sy vertel sy het die verpleegsters by die hospitaal hoor gesels en hulle het haar situasie bespreek.

“Ek het gehoor hoe hulle sê dat my kind die tweede kind is wat al deur die spesifieke dokter ‘gesny’ is.”

Roode en haar baba, nog vol bloed, is die volgende dag ontslaan met instruksies oor hoe om sy snyplekke skoon te maak. Haar ontslaanvorm stipuleer dat sy geweier het om natuurlik geboorte te gee.

Roode en haar vriend het die news genader omdat hulle baie onsteld is en wonder of hul seuntjie breinskade opgedoen het.

Die Demokratiese Alliansie se woordvoerder vir gesondheid in Gauteng, Jack Bloom is genader. Bloom het dadelik die Gauteng se hoof by die Gesondheidsdepartement, dr Hugh Gosnell gevra om in te tree en kommentaar te lewer.

Tot dusver is geen terugvoering van Gosnell ontvang nie.

Alhoewel Roode se seuntjie se wonde besig is om gesond te word, is sy erg bekommerd oor die letsels wat nie gesien kan word nie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button