MunicipalNews

Munisipaliteit se diens stink

'n Inwoner van Noordheuwel het als probeer om die munisipaliteit sover te kry iemand uit te stuur, maar moes later self vir 'n loodgieter opdok.

Dit het begin met ‘n ondraaglike stank.

Maar toe daar oor die naweek van 16 Mei rioolwater by die rioolgat by haar erf begin uitstroom, het Mary-Ann Kruger gehoop die munisipaliteit sou dit kom regmaak.

“Ek betaal maandeliks my grondbelasting- en diensterekening. Vir my is dit vanselfsprekend dat die munisipaliteit sou uitkom om te kyk wat die probleem is.”

Sy sê dat sy die munisipaliteit daardie dag verskeie kere tevergeefs gebel het.

“Hulle het die heeltyd vir my gesê dat hulle iemand uitstuur, maar dit het nooit gebeur nie.”

Sy moes toe uiteindelik daardie aand ‘n private loodgieter teen sowat R700 laat kom, wat die probleem gou opgelos het.

“Ek is baie teleurgesteld in die munisipaliteit. Ek het hulle die Maandag (19 Mei) weer gekontak en gevra om met die bestuurder te gesels, maar hulle het die foon in my oor neergesit.”

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Back to top button