Local newsNews

Het jy regsadvies nodig? Vra vir Christo …

"Ek glo dat die Wes-Rand oor ‘n sterk breintrust van regsgeleerdes beskik en dat kliënte nie verder hoef te soek na goeie regshulp nie."

Het jy enige regsadvies nodig? Struikel jy oor wat die wet bepaal of wonder jy oor regstappe wat dalk teen jou geneem kan word?

Die news en plaaslike regsgeleerde Christo Swart het daarom besluit om vir lesers ‘n advieskolom te skep waar vrae geantwoord sal word en sodoende gemoedsrus vir Krugersdorpers te gee oor die land se wetgewing.

‘n Bietjie meer agtergrond oor Swart:

Hy is in 1964 in Krugersdorp gebore en het aan die Hoërskool Monument in 1982 gematrikuleer. Daarna het hy ‘n BA-graad (Admissie) asook BD (Teologie) behaal aan die Randse Afrikaanse Universiteit en Universiteit van Pretoria onderskeidelik. Na diensplig was hy voltyds predikant by die NG Kerk Pietersburg vir vyf jaar.

In 1996 het hy as leerlingklerk begin werk by sy pa, Blackie Swart, se firma en behaal sy BProc-graad aan Unisa in 1998. Hy het die Prokureursorde se eksamens geslaag en is in die Hooggeregshof toegelaat as prokureur, aktevervaardiger en notaris.

Sedert 1998 praktiseer hy as prokureur en direkteur van Blackie Swart Prokureurs. Hy is sedert 2012 ook by die Southern Business School betrokke waar hy doseer en hy is medestigter van die SBS Regskliniek in 2014.

“Ek glo dat die Wes-Rand oor ‘n sterk breintrust van regsgeleerdes beskik en dat kliënte nie verder hoef te soek na goeie regshulp nie,” sê Swart.

Hy gaan advies aan lesers bied op ‘n maandelikse basis oor ‘n verskeidenheid temas en sal ook die hulp van medeprokureers inroep.

Die regskliniek beplan ook om op ‘n gereelde basis werkswinkels te hou sodat lesers kan voorberei voor hulle ‘n prokureur nader.

Hy kan ook by die Regskliniek van Southern Business School gekontak word by 011 662 1444 en per e-pos by christo@bswart.co.za. Hy verwys lesers ook graag na sy kollegas met die nodige kundigheid.

Swart se eerste rubriek gaan handel oor wat mens te doen staan wanneer jy frustrasie ondervind omdat die maandelikse onderhoud – betaalbaar deur jou gade – vêr tekortskiet en jy nie al die uitgawes verbonde aan julle kinders kan betaal nie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button