Editor's choiceLocal newsNews

Bejaardes ontvang emmers vol liefde

Die organisasie is tans met verskeie projekte besig.

Ongeveer 43 bejaardes van die Jack Cotton tehuis is behoorlik bederf deur die liefdadigheidsorganisasie Emmers vol Liefde.

Elke bejaarde het ‘n kospakkie met heerlike sopbestanddele en klaargemaakte sop ontvang. Van die vroue by die tehuis is ook bederf moet ‘n snoesige voetkombersie.

Betsie Stokes, stigter van die organisasie bedank almal wat ‘n bydrae hiertoe gelewer het.

“Sonder julle hulp kan ons dit nie doen nie. Aan die breiklub van Tannie Sophie, vir julle ‘n groot dankie vir al die pragtige kombersies wat julle gehekel het. Vir al die sop, broodjies en groente wat aan ons geskenk is, baie dankie,” sê Stokes.

Die organisasie het elke jaar van Mei tot Julie ‘n sop-uitreikprojek.

“Ons voorsien gereeld sopprodukte aan behoeftige gesinne in die Krugersdorp-Wes area sodat hulle self die sop vir hulle gesin kan maak. Ons wil die gemeenskap vra om daarby betrokke te raak. Ons benodig enige sopprodukte of selfs soppakkies, of indien iemand eerder finansiële hulp kan verleen, kan hulle ons gerus skakel.

“Ons wil nie net gesinne van produkte voorsien nie. Deur hierdie projek probeer ons om Jesus se warm liefde deur die koue maande oor te dra aan mense wat op die oomblik behoeftig is sodat hulle kan sien en voel daar is mense wat omgee.”

Die organisasie is met verskeie projekte besig en enige iemand wat betrokke wil raak, kan Stokes by 082 684 9974 skakel.

“Saam kan ons in Krugersdorp ‘n verskil maak.”

Enige klere, komberse, kos, meubels, toiletware, skoonmaakmiddels en dies meer kan geskenk word.

Gaan besoek gerus ook hul webtuiste vir meer inligting by www.emmersvolliefde.co.za.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button