Local newsNews
Curro maak hulle harte oop
Curro Krugersdorp het sakke en bokse vol klere aan die Mug and Tree Gemeenskapsorgsentrum geskenk.
Die Mug and Tree Gemeenskapsorgsentrum in Krugersdorp-Wes is onlangs met talle skenkings bederf.
Curro Krugersdorp Privaat Skool in Rangeview het hulle harte vir dié niewinsgewende organisasie oopgemaak toe die kleuter- en laerskoolleerlinge sakke en bokse vol klere bymekaargemaak het om geskenk te word.
Die ingang van die sorgsentrum was propvol klere en dit gaan beslis help om die winter hierdie jaar vir sommiges draagliker te maak.
Lizarn Smith, skoolwoordvoerder sê die klere gaan aan minderbevoorregte mense in die gemeenskap uitgedeel word terwyl die sorgsentrum bepaalde kledingstukke gaan verkoop om hulle inkomste aan te vul.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
