BlogsLocal newsNewsOpinion

Maar hy het my dan belowe …

Kontak gerus jou prokureur vooraf en betaal die gelde om ‘n stewige en geldige ooreenkoms te laat opstel.

Ons almal ken die spreekwoord: Voorsorg is beter as nasorg,” sê die news se plaaslike regsgeleerde, Christo Swart in hierdie maand se regsadviesrubriek.

Prokureurs word menige kere deur kliënte meegedeel dat ‘n party tot ‘n mondelinge kontrak nie presteer soos mondeling ooreengekom is nie.

“Maar hy het my dan belowe om sus en so te maak …”

Dit bring ons by kontrakte. Te veel mense word ingeloop met mondelinge ooreenkomste wat net nie eerbiedig word nie. Wees uiters versigtig om ‘n mondelinge ooreenkoms aan te gaan. Die ou manier om ‘n transkasie met ‘n handdruk te beklink – die sogenaamde gentlemans agreement – deug eenvoudig net nie meer nie, want nie almal met wie mens te doen kry is altyd jintelmanne nie.

Dit is ook boonop moeilik om die bestaan van ‘n mondelinge ooreenkoms te bewys op grond van die regsreël dat hy wat beweer moet bewys – veral indien die ander party baie jakkalsstreke het en die ontstaan van sodanige kontrak ontken.

Kontak gerus jou prokureur vooraf en betaal die gelde om ‘n stewige en geldige ooreenkoms te laat opstel.

Bied sodoende regsekerheid aan beide partye. In die proses ruim jy ook sommer terselfdertyd baie onnodige frustrasies voortydig uit die weg.

‘n Geldige ooreenkoms het ‘n paar algemene eienskappe:

• Allereers moet daar natuurlik wilsooreenstemming – konsensus – tussen die partye wees oor die inhoud van die ooreenkoms, anders is die ooreenkoms van die begin af gedoem.

• Elke party tot die kontrak moet handelingsbevoeg wees.

• Uiteraard moet die kontrak boonop wettig wees en ook fisies kan plaasvind.

• Laastens moet spesifieke ooreenkomste aan sekere spesifieke voorskrifte voldoen. So byvoorbeeld bepaal wetgewing dat wanneer iemand besluit om onroerende eiendom aan te koop, die betrokke kooptransaksie in skrif verwoord moet word en deur die betrokke partye onderteken moet word.

Die doel van enige ooreenkoms is om regsekerheid aan die partye betrokke te bied.

Moet jou nie laat vang deur die heuningkwastaktiek van “ons ken mekaar al jare, daarom hoef ons dit mos nie op skrif te stel nie”.

Voorsorg is beter as nasorg.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button