Local newsNews

Vier sterf toe band bars

Nog twee mense is in 'n kritieke toestand per helikopter na nabygeleë hospitale vervoer.

Vier mense is dood en nog twee mense veg om hulle lewens na ‘n motorongeluk op die R24 Rustenburgpad gisteroggend (31 Augustus).

Craig Maartens, ‘n stasiebevelvoerder van die Wes-Randse Distriksmunisipaliteit se nooddienste sê die band van ‘n voertuig wat na Rustenburg onderweg was het gebars.

“Dit het reguit in die pad van aankomende verkeer uit Rustenburg se rigting beland en met ‘n ander voertuig gebots.”

Twee mense is uit elkeen van die voertuie geslinger. Paramedici het hulle behandel voordat hulle per helikopter na nabygeleë hospitale vervoer is.

“Vier mense is op die toneel dood, waarvan drie in die voertuig was waarvan die band gebars het,” bevestig Maartens.

Jaco Venter, ‘n gemeenskapsbeveiliging-komiteelid van Afriforum sê lede van ‘n motorfietsklub het op die toneel afgekom en gehelp om die mense uit die wrakke te bevry.

“Baie dankie vir julle hulp. Dit was bemoedigend om te sien hoe mense nog omgee en saamstaan in tye van nood.”

Hy bedank ook vir Gerhardt Nieuwoudt, ‘n bevelvoerder van die Krugersdorp Brandweerstasie.

“Dankie aan sy professionele brandweerspan wat so vinnig op die toneel was. Julle diens is onmisbaar en ek glo nie die publiek sien altyd raak wat julle vir ons beteken in tye van nood nie.”

Venter sê Mogale City se verkeersdepartement en die polisie was ook baie professioneel en gou op die toneel om bystand te verleen.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button