Local newsMunicipalNews

Kar bars vir soveelste keer deur inwoner se grensmuur

"Dit lyk of munisipale owerhede net nie omgee nie."

Aletta Rheeder van Mindalore vrees dat haar troeteldiere – of nog erger – haar familie se kinders in die slag gaan bly as ‘n motor wéér deur haar muur ry.

Rheeder moes onlangs weer duisende rande opdok om ‘n muur voor haar erf te herstel nadat dit vir die derde keer in minder as vier jaar platgery is.

Dié keer het die ongeluk vermoedelik in die vroeë oggendure gebeur en die persoon wat daarvoor verantwoordelik was, het spoorloos verdwyn.

Rheeder skryf al die ongelukke toe aan die munisipaliteit se gebrek aan belangstelling in inwoners se veiligheid.

Buite haar huis op die hoek van Van Zyl Ham- en Bowstraat is stoptekens gesteel en nooit vervang nie, en geen stoplyne is geverf nie.

Sy voel dat die herstelwerk wat weer ‘n beduidende bedrag kos en versekeringspremies die hoogte laat inskiet het, nie die gevolg van haar nalatigheid is nie en nie van haar verhaal moet word nie.

Haar grootste kommer is die veiligheid van kinders en troeteldiere wat op die grasperk by die muur speel.

“’n Lewe kan nie vervang word nie, daarvoor is daar nie versekering nie,” sê sy moedeloos.

Stem u as leser met haar saam? Moet die plaaslike munisipaliteit uiteindelik verantwoordelik gehou word vir die skade?

Gee gerus u mening onder aan die artikel.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button