Twee vermeende diewe is vir inbraak en diefstal in Kagiso in hegtenis geneem nadat inwoners hulle aangerand het.
“Die twee is Maandagaand (15 September) omstreeks 10nm in hegtenis geneem en onder polisiebewaking by ‘n plaaslike hospitaal opgeneem,” sê Kagiso-polisiewoordvoerder Solomon Sibiya.
“Die klaer is Saterdag omstreeks 2nm by haar huis weg om by familielede te gaan kuier,” sê hy.
“Sy het Maandag ‘n oproep van haar suster ontvang dat iemand by haar huis ingebreek het.”
Die vrou het dadelik teruggekeer huis toe om die skade te bepaal. Haar deur het oopgestaan en haar besittings het oral rondgelê.
“Tien pare skoene en ‘n DVD-speler is gesteel.
“Bure en gemeenskapslede het glo gesien toe die verdagtes haar huis verlaat het. Hulle het die verdagtes agternagesit, gevang en aangerand.”
Die polisie is later ontbied en beamptes het die twee beseerde verdagtes in hegtenis geneem.
