Sektor 9 GPF wil misdaad bestry
Die nuutgestigte Gemeenskapspolisiëringsforum (GPF) Sektor 9 wil die misdaadsgetalle in Mindalore en Lewisham verminder.
“Ons moet weer betrokke raak in ons gemeenskap. Daar moet gewerk word om die strate vir al die inwoners van Lewisham en Mindalore te beveilig.”
So sê Leon Ehrke, voorsitter van die nuutgestigte Sektor 9 Gemeenskapspolisiëringsforum (GPF) wat onlangs onder die wakende oë van die gemeenskap, polisie asook John van Rooyen, Sektor 7 se voorsitter verkies is.

“Die misdaad in die area is ver te hoog en ons gaan hard werk om daardie getalle af te kry.”
Hy sê hulle gaan ook fondse insamel om seker te maak dat veral bejaarde mense met ‘n tweerigtingradio toegerus word.
“Al wat ons wil doen is om die mense van dié gemeenskap te dien en van die area ‘n beter plek te maak. Daarvoor het ons die inwoners van die area se hulp en ondersteuning nodig.”

Ses mense uit die gemeenskap is tot die komitee verkies.
• Voorsitter: Leon Ehrke
• Ondervoorsitter: Clifford Nel
• Sekretaris: Gusta Nkoana
• Visesekretaris: Valerie Watson
• Tesourier: Lizette Cogill
• Skakelbeampte: Michelle van Molendorf
Vir meer inligting oor hoe om betrokke te raak of om by die Sektor 9 GPF aan te sluit, kontak vir Ehrke by 011 955 1167 of 082 785 6816.
In ‘n noodsituasie kan die sektorpolisie by 071 675 7055/56 gekontak word.
