BlogsLocal newsNewsOpinion

Dis trouseisoen en die klokkies lui

So vlak voor 'n troue is daar gewoonlik baie dinge wat moet gebeur en baie reëlings wat getref moet word.

Dit is weer lentetyd en baie paartjies se harte bons, want hul staan op die punt om te trou. Hierdie trouseisoen is behoorlik oop tot en met Desember, sê die news se plaaslike regsgeleerde, Christo Swart in hierdie maand se regsadviesrubriek.

Vanuit ‘n regsoogpunt is dit belangrik om ‘n huweliksvoorwaardekontrak voor die troue by ‘n prokureur te laat opstel. ‘n Mens trou eenvoudig net nie meer daarsonder met huweliksbedeling binne gemeenskap van goedere nie.

Daar is basies twee huweliksvoorwaardekontrakte waaruit ‘n paartjie kan kies. Die eerste tipe is waar enige aanwas (groei) tydens die huwelik uitgesluit word. Die onderskeie partye het dan elkeen ‘n eie boedel en die boedel se groei is vir die voordeel van die betrokkene alleen. Sou die een party geldelik in die knyp raak, is slegs sy of haar boedel beslagbaar deur skuldeisers – mits die ander party nie vir hom of haar borg geteken het nie.

Die tweede tipe huweliksvoorwaardekontrak sluit aanwas tydens die huwelik in. Die partye bepaal met die aanvang van hulle huwelik wat die aanvangsbedrag is van hul onderskeie boedels en alle groei daarna is tot voordeel van beide partye tot die huwelik. In die geval van egskeiding is die partye geregtig op 50 persent van die groei van die ander party se boedel. Sou daar nie groei wees nie, sal ‘n party ongelukkig nie 50 persent kan eis nie want nul gedeel deur nul, bly nul – volgens my berekeninge!

So vlak voor ‘n troue is daar gewoonlik baie dinge wat moet gebeur en baie reëlings wat getref moet word.

Maak dit ‘n prioriteit om ‘n huweliksvoorwaardekontrak VOOR die troue te laat opstel. Julle sal nie spyt wees nie. Ouers, herinner julle kinders maar weer om nie van hierdie belangrike dokument te vergeet nie!

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Check Also
Close
Back to top button