MunicipalNews

Waterkrisis: Vryheidsfront Plus gee hul mening

Die Vryheidsfront Plus is van mening dat inwoners in gevalle soos dié deurgaans deur middel van sms’e op hoogte van sake gehou word.

“Die voortslepende waterkrisis in Mogale City het inwoners letterlik met hul hande in die hare,” sê Amanda de Lange, VF Plus-raadslid vir Mogale City.

Verskeie inwoners het al sedert 16 September nie water nie en die telefone by Mogale City Munisipaliteit se inbelsentrum bly onbeantwoord.

De Lange het Rand Water geskakel in ‘n poging om antwoorde te kry op dié voortslepende probleem.

Rand Water is egter van mening dat die sisteem asook die opgaardamme teen Sondagmiddag 21 September vol moes wees sodat die watertoevoer weer na normaal kon terugkeer.

Dit het egter nie gebeur nie. De Lange het Dinsdagoggend (23 September) ‘n gesprek met Sandile Mbanjwa van Mogale City gehad wat bevestig het dat die proses om die sisteem weer na normaal te kry, baie meer tegnies van aard is en dat daar omsigtig te werk gegaan moet word om nie die bestaande pypleiding-infrastrukture te beskadig met die skielike waterdruk nie.

“Volgens inligting moet beide Rand Water en Mogale City-watersisteme volloop alvorens die watertoevoer weer na normaal kan terugkeer.”

De Lange wys daarop dat dit uiters belangrik is dat Mogale City in gevalle soos dié deurgaans deur middel van sms’e met verbruikers wat op ‘n databasis geregistreer is, behoort te kommunikeer.

“Dit is ook van kardinale belang dat betrokke instansies soos in hierdie geval, Eskom, City Power, Rand Water en Mogale City, onverwyld met mekaar moet kommunikeer gedurende sulke krisisse. Veral in gevalle waar verbruikers tot meer as ‘n week sonder water is.”

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button