MunicipalNews

DA stel hul nuwe koukus aan

"Ons hoop om 'n bydrae tot plaaslike regering te kan maak tot voordeel van ons gemeenskap en dat ons beheer oor die munisipaliteit kan neem na die 2016-verkiesing."

Die DA-koukus het onlangs hulle nuwe koukusbestuur aangewys en Christo Peyper is as koukusleier verkies.

Die ander lede van die koukus bestaan uit Hetta Kruger as voorsitter, Eddie Sloane as ondervoorsitter, Lawrence Shabalala as adjunk-sweep, Margaret Mohume vir finansies en De Waal Venter as sekretaris.

Die hoofsweep word nie verkies nie, maar word deur die koukusleier aangewys. Matthys van Tonder is toe aangewys.

Peyper, wat in Wentworthpark woon, het voorheen ook as openbare verteenwoordiger gedien. In 1982 is hy gekies as kandidaat vir die onafhanklike belastingvereniging, en in 1986/7 het hy as burgemeester van Krugersdorp gedien.

Hetta Kruger is in Lewisham gebore en woon steeds daar. Sy is die proporsioneel verteenwoordigende raadslid in daardie gebied – Wyk 16. Sy het al heelwat reggekry om die hoë misdaadsyfer in Lewisham te bekamp.

Eddie Sloan verteenwoordig nou al jare lank die plattelandse gemeenskap en boere van die Hekpoort- en Magaliesburg-omgewing.

Hy is besonder ervare in plaaslike bestuur.

Lawrence Shabalala is ‘n jong en geesdriftige proporsioneel verteenwoordigende raadslid wat sy wyk (27) in Munsieville bedien.

Margaret Mohume verteenwoordig verskeie wyke in Kagiso. Sy het ook jarelange ondervinding van plaaslike bestuur.

De Waal Venter is die verkose raadslid in Wyk 9 – Mindalore, Chamdor en ‘n deel van Kagiso 2.

“Ons is ‘n sterk span,” sê Peyper.

“Ons hoop om ‘n bydrae tot plaaslike regering te kan maak tot voordeel van ons gemeenskap en dat ons beheer oor die munisipaliteit kan neem na die 2016-verkiesing.”

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button