Wyk 20 verkies komiteelede
Nuwe komiteelede is verkies wat dié wyk in Mogale City se kiesers gaan verteenwoordig.
Die DA het die afgelope Saterdag sy komiteelede verkies wat Wyk 20 se kiesers in Mogale City gaan verteenwoordig.
Nuwe komiteelede word elke twee jaar gekies wat die DA dan help om die party uit te brei.
Jakkie Naudé, DA-raadslid vir Wyk 20 sê die komiteelede speel ‘n baie belangrike rol in die aanloop tot nasionale en tussenverkiesings. Hulle gee ook insette ten opsigte van die DA-leierskap.
Tydens die verkiesing vir Wyk 20 is verskeie poste gevul. Vyf komiteelede is verkies wat na die algemene belange van die wyk se kiesers sal omsien.
Die vyf komiteelede is:
• Voorsitter: Lynette Zwankhuizen
• Ondervoorsitter: Lucky Shabangu
• Sekretaris: Hanna Zietzman
• Trudie Naudé is verkies as voorsitter van DAWN (Democratic Alliance Women’s Network)
• Alicia Barnard sal die wyk se jeugleier wees.
Nog drie lede is verkies wat die DA by die Nasionale Federale Kongres in November sal verteenwoordig waatydens daar vir ‘n nuwe DA-leier gekies sal word.
Verwante artikel:
