Vroue deel deesdae verantwoordelikhede met die manlike geslag en geen taak is meer uitsluitlik vir die man van die huis nie. Daarom is werkswinkels soos Lombard Bande se Dames met Durf en Daad baie gewild onder plaaslike vroue.
Dames met Durf en Daad, die vinding van Lombard Bande se bemarkingsbestuurder Yolandi Heyns, is ‘n jaarlikse instelling waar vroue opgelei word om onder andere na hul motors se bande om te sien, sonder hulp ‘n band te ruil asook ‘n paar gesondheidswenke en noodhulpopleiding.
Vanjaar is die werkswinkel weer by die Luipaardsvlei-tak gehou.
Renier Botha, besturende direkteur van Lombard Bande sê, “Verby is die dae wat slegs mans bande koop of laat herstel”.
“Die kort werkswinkel verbreed vroue se kennis sodat hulle ingelig kan wees as hulle volgende keer by ‘n handelaar of werktuigkundige aanklop,” sê hy.
Len Whitley, ingenieur van die Khumo-opleidingsentrum wat die werskwinkel aangebied het, het op ‘n praktiese manier vir vroue gewys hoe om ‘n band te ruil. Hy het hulle ook aangemoedig om hulle hande vuil te maak en vroue het na die werkswinkel wegstap met basiese bande-, battery- en skokbrekerkennis.
Daarby het Sportcon verteenwoordigers Etienne du Bruyn en Stian Weideman vir die vroue meer oor gesonde eetgewoontes geleer.
‘n Handjievol vroue het na afloop van die werkswinkel deur ‘n lootjietrekking luukse masseer- en skoonheidspakkette te waarde van duisende rande gewen.
Verwante artikels:
• Lombard Bande vier Loslitdag
• Lombard Bande vertroetel vierpotiges
