CrimeLocal newsNews

Poskantoor-depot deur stakers beskadig

Duisende rande se skade is aangerig toe stakende werkers op die Suid-Afrikaanse Poskantoor (Sapo) se depot in Factoria toesak.

Sowat 20 stakende werkers van die Suid-Afrikaanse Poskantoor (Sapo) het gistermiddag (21 Oktober) duisende rande se skade aangerig by die Krugersdorp depot in Factoria.

Werkers soos Chacelyn Nero, ‘n possorteerder sê hy het vir sy lewe gevrees.

“Ek het net my middagete klaar geëet toe omtrent 20 mense die gebou met klippe en bakstene begin gooi.”

Posstukke, meestal rekeninge van Absa en die mediese fondsskeme Medscheme lê in die straat.
Posstukke, meestal rekeninge van Absa en die mediese fondsskeme Medscheme lê in die straat.

Hy sê hy en nog ander werkers is die gebou in waar hulle hulself toegesluit het toe hulle sien die stakers gaan die hek se slot en kettings met ‘n agt-pond hammer afbreek.

“Hulle wou die groot vragmotors met wat soos ‘n petrolbom lyk, uitbrand.”

Chacelyn Nero, 'n possorteerder wat 'n ooggetuie is.
Chacelyn Nero, ‘n possorteerder wat ‘n ooggetuie is.

Twee groot vragmotors is beskadig en talle ruite is in die proses gebreek.

Verskeie posstukke, meestal rekeninge van Absa en die mediese fondsskema Medscheme is in die pad uitgegooi.

Een werknemer is in die proses beseer en is deur ER24-paramedici behandel. Nog twee werknemers moes glo vir skok behandel word, maar dit is nog nie bevestig nie.

Die Krugersdorpse Polisie was op die toneel om verklarings af te neem.

Verwante artikels:

• Post office employees dismissed for vandalism

• Chaos: Krugersdorp Post Office workers on strike

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button