Local newsMunicipalNews

VIDEO: Pandemonium onder Kroningsparkplakkers

Sowat 30 Kroningsparkplakkers het onder die Rooimiere se trok gaan sit om protes aan te teken.

Gemoedere het hoog geloop met die aankoms van die Rooimiere om die Kroningspark-plakkers uit hulle tente na hulle nuwe tuistes te neem.

Op Vrydagoggend 31 Oktober het sowat 30 inwoners hulself onder die Rooimiere se vragmotor tuisgemaak. Die inwoners het geweier om onder die trok uit te klim, tensy die sperdatum vir die trek verleng word.

Sommige van die plakkers het opstandig geraak en ‘n paar het selfs gedreig om uiteindelik die waarheid te vertel oor die manier waarop die kamp die afgelope paar jaar bestuur is.

Amanda de Lange, Vryheidsfront Plus raadslid vir Mogale City was ook daar en het probeer om lig op die saak te werp.

“Ons staan nie die hofuitspraak teen nie, maar wel die bestuur van Mogale City vir die onmenslike wyse waarop hulle die armste onder die armes behandel,” sê De Lange.

Verskeie plakkers het hul gevoelens oor die hofuitspraak en die toestand van die behuising in Munsieville duidelik aan die news te kenne gegee.

Die inwoners meen dat die behuising wat spesiaal vir hulle opgerig is, nie op standaard is nie, en dat hulle beter daaraan toe is in hul huidige tentetuistes by die dam.

“Strukture wat opgerig is, is lamlendig. Huise het min vensters en die dakke en mure het sulke groot gapings dat mens daardeur kan kruip. Die dakke is boonop met toue vasgebind omdat dit kort na oprigting begin afwaai het. Sinkplate is van so ‘n lae kwaliteit dat dit selfs skeur in die wind,” sê De Lange.

Inwoners is ook bekommerd oor water wat skynbaar nog nie gekoppel is nie asook hul veiligheid.

Die plakkers glo dat die strukture nie gepas is nie.

“Die terrein waarop die hervestiging plaasvind was ‘n ou vullishoop wat bloot gelyk geskraap is. Uit die gemors in die grond, wat duidelik nie gekompakteer is nie, blyk dit dat die gebied nie voldoende gerehabiliteer is nie.”

Die news beoog om ondersoek in te stel na die beweerde korrupsie en leuens wat al jare in die park hoogty vier.

Luister na ‘n opname van waar De Lange die plakkers toespreek:

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button