Local newsNews

Koffie meer as net boeretroos

Krugersdorp se eie koffiekenner weet hoe.

Piet Roodt van Oaktree spog nie net met ‘n prag kleinhoewe buite die dorp nie, maar ook met sy eie koffieroosterkroeg.

Vir Roodt is die kuns van koffie meer as net ‘n eenvoudige koppie boeretroos. Dis ‘n leefstyl.

Hierdie Krugersdorper is vasberade om die dorp te verbeter, een koppie koffie op ‘n slag.

Die news het onlangs gaan inloer by Roodt in sy koffiekroeg waar hy vertel hoe hy self sy koffie rooster en so vars koffie aan vriende en familie in die dorp verskaf. Hy rooster al die afgelope sewe jaar lank koffiebone, en spog graag met sy heerlike koffiekuns.

Vars geroosterde koffiebone.
Vars geroosterde koffiebone.

Dit het Roodt sowat 18 maande geneem om die koffie-ekstrakproses behoorlik onder die knie te kry. Die vars koffie word in die vrieskas gestoor om sy ryk Arabica-aromas te behou en smaak altyd heerlik.

“Ek wil die publiek graag opvoed hoe om behoorlike koffie te rooster en te maak ,” sê Roodt.

Sy Cracked Coffee Pot Roastery is nie jou alledaagse koffiewinkel nie. Roodt beskou dit eerder as ‘n koffieroosterkroeg en leerskool.

Oom Piet hard aan die rooster om vars koffie vir sy besoekers gereed te kry.
Oom Piet hard aan die rooster om vars koffie vir sy besoekers gereed te kry.

“In die ou dae het die mense die rou koffiebone gebrand tot dit die kleur en geur van hul keuse gehad het,” vertel hy terwyl hy vars koffie maak.

Met weeklikse bestellings wat hy lewer is dit veilig om te sê dat varser koffie as dié gaan Krugersdorp nie sommer kry nie.

Besoek gerus vir Roodt by sy koffiekroeg aan die N14 tussen Tarlton en Oaktree. Vir meer inligting en om ‘n afspraak te maak skakel Jan Nel by 081 880 1130.

Verwante artikel:

Egte boeremark ‘n belewenis

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button