Local newsNews

Weg maar nooit vergete

Jean is vermoedelik deur 'n dwelmverslaafde gestamp waarna hy oorlede is.

Familie en vriende van ‘n man wat sy lewe gewy het om dwelmverslaafdes te help het verlede week van hom afskeid geneem.

Jean de Beer het op 5 November dood verongeluk op die N14 op pad na Muldersdrift. Daar word beweer dat die bestuurder van die motor wat hom gestamp het onder die invloed van dwelms was en steeds op vrye voet is.

Na De Beer self ‘n pad met dwelms gestap het, het hy sy lewe toegewy om dwelmverslaafdes met berading te help. Hy was vir meer as sewe jaar dwelmvry en is op die jong ouderdom van 29 jaar oorlede.

De Beer se vriende, familie en sy verloofde Eileen Kelbrick het op 11 November hom finaal gegroet by ‘n groot roudiens in Krugersdorp.

‘n Vriendin van De Beer het aan die news vertel hoe passievol hy was oor sy Believe Theraphy program en het hom as een van die ongelooflikste mense beskryf.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button