MunicipalNews

Raad vee hulle aan gat af

Rangeview-inwoner is besorg na 'n gat in sy oprit gevorm het en al hoe groter word.

‘n Inwoner van Rangeview is net mooi keelvol na talle pogings om te voorkom dat ‘n sinkgat groter word.

Martin van Ecke beweer dat daar ‘n sinkgat vroeër vanjaar na die stortreën in sy oprit gevorm het.

Van Ecke het reeds die gat wat inMaart ingesak het, by die plaaslike DA-raadslid Richard Lees aangemeld.

Die news het met Lees gesels wat bevestig het dat hy daarvan kennis dra, maar nie kommentaar wou lewer nie.

Van Ecke beweer dat hy teen 17 April steeds geen terugvoering gekry het nie en eers twee maande later ‘n brief van die Mogale City Plaaslike Munisipaliteit ontvang het.

“Ek het beter diens van die ANC gekry as van die DA,” sê Van Ecke knorrig.

In die brief word die bevindings gegee van ‘n inspeksie wat glo in Junie gedoen is. Volgens A Botes, bestuurder van die afdeling vir paaie en oppervlakdreinering wat die brief onderteken het, is daar nie genoeg syfergate in die grensmuur nie.

Gevolglik bou druk in die grondwater op en kan dit en die oppervlakwater nie behoorlik deur die muur dreineer nie. Daar is ook nie sekerheid of die muur so gebou is dat dit vir die betrokke omstandighede geskik is nie. Hy beveel aan dat die saak na die water- en sanitasie-afdeling verwys moet word sodat hulle dit verder kan ondersoek.

Die brief van Mogale City Plaaslike Munisipaliteit.
Die brief van Mogale City Plaaslike Munisipaliteit.

“Al het jy ‘n brein so groot soos ‘n grondboontjie, sal jy sien dat die terugvoering van die munisipaliteit nêrens na die probleem of oorsaak van die sinkgat verwys nie.”

Die inwoner wag steeds in spanning vir enige terugvoer.

Die gat is net oor die 70cm diep en is ‘n gevaar vir die inwoners en voetgangers op die sypaadjie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button