Elke Vrydag voor die munisipaliteit inwoners se vullis kom verwyder, versier plastiekversamelaars die Van den Berg’s se sypaadjie met sakke vol herwinbare rommel.
Karin van den Berg wat in ‘n huis op ‘n hoek woon, sit elke naweek met ‘n dilemma nadat die asblikke op Vrydae leeggemaak is.
Van den Berg vra haar tuindienste weekliks om die rommel op die hoek van Culemborg- en Reygerstraat op te tel, net om te sien dat dit op ‘n Vrydag weer gesaai lê.
Vroeg Vrydae-oggende loop asblikaasvoëls op en af in die strate van Quelleriepark op soek na plastiekskatte.
“Hulle het geen skaamte nie.”
Die plastiekbottels word glo in swart sakke agter die Van den Bergs se kragboks gestoor, totdat die ‘entrepreneurs’ besluit om dit te gaan verkoop.
Sy beweer dat wanneer hulle hierdie sakke vol plastiek probeer verwyder, verskyn die asblikaasvoëls asof van nêrens om hulle te keer. “Ek weet wraggies nie waar hulle wegkruip nie, maar wanneer ons die sakke probeer verwyder, verskyn hulle blitsig en keer ons.”
“Los my bottels, dis op munisipale grond,” het een so ‘n aasvoël al woedend geblaas.
Hul grou ook graag vir ander goedere soos skoene, klere en breekgoed waarmee hulle kan handel dryf.
Hierdie rommel is nie net ‘n seer oog vir die gesin nie maar ook vir die inwoners van die area wat daagliks verby die rommel ry.
Verwante artikels:
• Herwinning maak stuk-stuk ‘n verskil
• Be the change you want to see
