Kersfees se bondels liefde
Altesaam 15 Kersfees babas is by twee verskillende hospitale in Krugersdorp gebore.
Nie een van die twee babas wat op Kersdag by die Netcare Krugersdorp Private Hospitaal gebore is, was vir hierdie dag beplan nie.
Maar natuurlik het dié babas – én die Ooievaar – ander planne gehad.
Met net dertig minute oor voordat vanjaar se Kersfees vir altyd in die verlede gaan wees het klein Liam Botha van Roodepoort besluit dat hy hierdie Kersfees nie gaan misloop nie.
Sy trotse ouers Julian Botha en Sharne Viljoen het gesê Liam, wat 2.8kg met geboorte geweeg het, moes eers volgende jaar op 3 Januarie sy afwagting gemaak het, maar hy het toe ander planne vir sy geboortedag gehad.
Botha het gesê die ma van sy seuntjie het eergister op Ou-Kersaand pyne begin kry en sy is na die hospitaal vir ‘n opvolgbesoek deur die dokter gesien waarna hulle later moes hoor dat sy in kraam is.
Klein Boikanyo Moumakwe van Randfontein, wat ook by dié hospitaal gebore is, is meer as twee maande te vroeg gebore.
Haar trotse ouers Selima and Solomon sê is hulle is baie opgewonde oor die kleinding wat haar opwagting gemaak het, maar hulle 8-jarige dogter is nog meer opgewonde as hulle skerts sy.
“Sy het gegrap en gesê dat dit vir haar ‘n baie lekker Kersgeskenk sal wees as haar sussie op Kersdag gebore sou word.”
Boikanyo is tans in die broeikas van die Intensiewe Sorgeenheid van die hospitaal en het met geboorte 1.23kg geweeg.
• By die Leratong Hospitaal is altesaam 13 baba’s. Die hospitaal het gesê daar is ses meisies en sewe seuns gebore.
Die eerste baba het haar opwagting om 2.04vm gemaak terwyl die laaste baba om 10.25 haar aankondiging in die wêreld gemaak het. Hulle het onderskeidelik 2.9kg en 3.1kg met geboorte geweeg.
