MunicipalNews

Reën spoel stukke van pad weg

Swaar reën saai verwoesting onder Quelleriepark se paaie.

Na die swaar reën van die afgelope paar weke is ‘n straat in Quelleriepark byna in stukke soos die teer met die pad afspoel.

Volgens Martin Oosthuizen, ‘n inwoner van die area en lid van die Gemeenskapspolisiëringforum (GPF), het hy ‘n stuk teer letterlik in die straat sien afspoel.

Oosthuizen noem dat die spesifieke plek reeds onstabiel is aangesien daar altyd ‘n waterlek is en dat ‘n waterpyp al talle kere daar gebars het.

Die pad het boonop begin insak.

‘n Ander faktor wat ‘n rol speel is moontlik die dreineerstelsel in Bataviastraat wat nie die groot volumes water kan hanteer nie.

Inwoners van die straat vertel hoe twee huise in Bataviastraat oorstroom word sodra daar swaar reën val.

Die GPF is bekommerd oor die gevare wat die pad vir gebruikers inhou.

Hy glo dat as die pad insak terwyl ‘n voertuig daarop ry, dit tot ‘n ernstige ongeluk sal lei.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button