MunicipalNews

Nuwe hof vir Mindalore en Lewisham

Sake met betrekking tot kriminele of strafsake en siviele dispute, skeisake, bemiddelings, onderhoud, kleinsake, tuisgeweld, kinderhof en boedels sal in hierdie hof verhoor word.

Alle nuwe hofsake wat voortspruit uit Mindalore en Lewisham word sedert 1 Desember verlede jaar in die nuwe Kagiso-hof aangehoor.

Die rede is die rasionalisering van die grense van landdrosdistrikte wat die Departement van Justisie onlangs ingestel het.

Die volgende sake sal in die Kagiso-hof verhoor word: kriminele of strafsake en siviele dispute, skeisake, bemiddelings, onderhoud, kleinsake, tuisgeweld, kinderhof en boedels.

Meer besonderhede kan verkry word by Zacharia (Moagi) Makena, adjunk-direkteur (Howe) by 012 315 1767 en 086 507 4984.

Mens kan ook op die Departement van Justisie se webtuiste kyk by www.justice.gov.za.

De Waal Venter, DA-raadslid vir Wyk 9 wat onder andere Mindalore insluit, sê die hof is binne ongeveer 15 minute per motor vanaf Trezonalaan bereikbaar.

Daar is verskillende roetes, maar die roete uit Trezonalaan in ’n suidelike rigting lyk of dit die maklikste en vinnigste manier sal wees om die hof te bereik.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button