MunicipalNews

Bejaardes ervaar beurtkrag só

Golden Age Village en SAVF Môreglans spreek hul bekommernisse uit teenoor beurtkrag.

Die onlangse beurtkrag frustreer talle inwoners van Krugersdorp, maar hoe voel ons bejaardes in die ouetehuise daaroor?

“Ek en my vrou mis elke aand 7de Laan!” kreun Theunis Kotze, inwoner van die Golden Age Village (GAV) in Wentworthpark.

Die News is gelukkig om te kan skryf oor televisieprobleme in plaas van mediese toerusting wat nie sonder krag kan gaan by GAV nie, maar daar is steeds bekommernisse by ander tehuise.

“Die inwoners van Golden Age Village is redelik gesond,” noem Dennis Pretorius, DA Finansiele Woorvoerder en lid van die Rotariërklub wat die Golden Age Village bestuur en gestig het. Pretorius vertel ook dat wanneer ‘n inwoner van die tehuis behoeftig word, word hulle na ‘n sorgende ouetehuis gestuur, soos die Suid-Afrikanse Vroue Federasie (SAVF) se Môreglans Tehuis.

Minnie Pretorius, Dennis se vrou en die Anne’s van die Rotariërklub se verteenwoordiger voel dat dit nie net oor ‘n televisie-lose aand gaan nie, maar oor die veiligheid van die bejaardes.

“In die aand kan hulle ‘n liggie aanskakel om badkamer toe te gaan, maar wanner daar nie ‘n liggie is nie moet die mense voel en raai waarheen hulle oppad is. Hulle kan baie maklik seerkry.”

Theunis Kotze, 'n inwoner van die Golden Age Village.
Theunis Kotze, ‘n inwoner van die Golden Age Village.

“Ons is baie bekommerd wanneer die mense in die donker trappe klim en op ongelykhede loop,” sê Dehlia van Staden, direkteur van die Wes-Randse Sakekamer en Toerisme wat ook lid van die Rotariërklub is.

Die klub wil graag battery- of sonstelselaangedrewe ligte installeer rondom die gronde van die tehuis om sodoende vir die bejaardes ‘n gevoel van veiligheid te gee.

“Die inwoners van GAV en van ander ouetehuise moet asseblief toesien dat hulle flitsligte het,” vra Colin Steyn, aanstaande president van klub.

Die bejaardes van GAV kry genoegsame kennisgewing oor wanneer beurkrag weer sy kop gaan uitsteek, so hulle berei voor vir maaltye. Wanneer daar koffie en tee gemaak wil word, raai Steyn die gebruik van ‘n termofles aan.

Die News wou toe weet wat met die elektriese suurstofmasjiene van inwoners, soos Annatjie du Toit, van Môreglans Ouetehuis gedoen word wanneer die krag afgaan?

“Ons het altyd noodsuurstof, maar die ou mense raak angstig wanneer hul masjiene so lawaai,” meen Tina van der Merwe, hoof verpleegkundige aan Môreglans.

Die suurstofmasjien werk heeltemal op elektrisiteit en laat weet die gebruiker as krag skort en maak dan ‘n noodgeluid. Die verpleegsters werk dan spoedig om die noodsuurstofsilinders, soos dit in die ou dae gebruik is aan die regte pype te koppel sodat daar weer rustig asem gehaal kan word.

Annatjie du Toit vertel die suurstofsilinder (links) hou haar net twee aande tydens beurtkrag.
Annatjie du Toit vertel die suurstofsilinder (links) hou haar net twee aande tydens beurtkrag.

Van der Merwe sê dat daar een so silinder oor die naweek van 7 Februarie leegeloop het. Hulle het toe vinnig ‘n nuwe silinder opgekoppel.

Van der Merwe is wel bekommerd oor die mense wat met suurstofmasjiene by die huis sit.

Môreglans glo ‘n beurtkragskedule sal die proses vergemaklik omrede daar die regte voorsorg getref kan word om die suurstofsilinders vinniger op te koppel.

Die News glo dat baie senuwees ook gespaar sal word en hoop ook dat beurtkrag vinnig sy padjie sal stap.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button