MunicipalNews

Vrou se kinders albei van fietse afgery

'n Ma van twee is dankbaar haar twee kinders lewe nadat albei in Trezonalaan om gery is.

‘n Besorgde ma van twee wil ander ouers waarsku nadat albei haar kinders maande uit mekaar in Trezonalaan van hulle fietse afgestamp is.

Nicolene Potgieter vertel hoe haar seun wat verlede jaar by Hoërskool Bastion gematrikuleer het, van sy fiets afgestamp is toe hy Trezonalaan gekruis het.

Hy is verlede Mei deur ‘n wit VW Caddy-paneelwa raakgery.

Die bestuurder van die voertuig het geweier om enige besonderhede vir die gesin te gee, wat dit dus vir hulle onmoontlik gemaak het om ‘n saak by die polisie te open.

Minder as ‘n jaar later, vroeër in Februarie vanjaar, is haar dogter reg voor die skool van haar fiets afgestamp.

Sy was besig om oor die sebrakruising te ry toe ‘n ligblou VW City Golf haar uit die bloute van haar fiets afgery het.

Die bestuurder het na bewering vir die dogter geskree sy moet kyk waar sy ry.

‘n Ooggetuie op die toneel het na die ongeluk vir Potgieter vertel hoe haar dogter na bewering op die voertuig se enjinkap geland en afgerol het.

Genadiglik het nie een van haar kinders ernstige beserings opgedoen nie, en die beskadigde fietse kon vervang word.

Haar dogter het wel ‘n saak teen die bestuurder geopen, wat tans ondersoek word.

Potgieter wil ander ouers en kinders waarsku teen die padvarke in Trezonalaan wat in ‘n 60km/h-sone op en af jaag.

“Ek is net verskriklik dankbaar vir die Here dat albei my kinders gespaar is.”

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button