BlogsLocal newsNewsOpinion

Erfgeld kan families laat skeur

Jou prokureur sal jou betyds kan wys op die slaggate en hoe om dit te vermy.

Die News se plaaslike regsgeleerde, Christo Swart gee die volgende raad oor testamente in sy maandelikse regsadviesrubriek.

In Richard Foster se Money, sex and power dui hy aan dat die drie temas waaroor sy boek handel ‘n sterk en kragtige invloed op mense het.
Hy raai sy lesers aan om in hul pasoppens te wees vir “te” ten opsigte van die drie aspekte. Soos die spreekwoord lui: alles met ‘n te is verkeerd, behalwe te voet of te perd!

Wanneer dit kom by testamente, is dit my ervaring – en my kollegas sal saamstem – dat daar ongelukkig dikwels onmin is tussen die erfgename oor hulle erfdeel (geld).

Erfgename sal mekaar te na kom om die meeste uit die betrokke boedel te put, veral waar ‘n testament nie baie duidelik opgestel is nie. Families kan emosionele skade ly wat nie sommer herstel kan word nie. ‘n Mens is dan maar heimlik dankbaar dat die oorledene die gramskap onder mekaar gespaar word.

Daarom wil ek dit bepleit dat lesers baie noukeurig na hulle testament sal kyk; dat lesers werklik moeite sal doen met hulle testamente, alhoewel dit nie altyd so maklik is om oor die dood na te dink nie.

‘n Goed deurdagte en professioneel opgestelde testament kan baie onnodige drama en hartseer voorkom. Oorweeg dit ook baie sterk om eerder ‘n professionele persoon aan te stel om die boedel te beredder, in plaas van een of ander familielid. As eksekuteur sal sodanige familielid in elk geval meestal ‘n professionele persoon moet nader vir hulp. In die proses sal jy ook die arme familielid baie onnodige drama en verdriet spaar, glo my!

Maak gerus kontak met jou prokureur om jou te help om jou testament op te stel. Jou prokureur sal jou betyds kan wys op die slaggate en hoe om dit te vermy.

Geld kan mense vreemd laat optree. Probeer dit voorkom deur ‘n ordentlike testament te laat opstel. Dit sal dan soveel makliker wees om ‘n boedel te beredder en kan die onnodige oorgretigheid en oorlogvoering rondom geld voorkom word.

Mooi familiebande bly behoue en familie kan mekaar in die moeilike nuwe tydperk ondersteun om saam heel te word na die afsterwe van ‘n geliefde.

Vir verdere navrae, skakel vir Christo by 082 337 9905.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button