Local newsNews

12 000km vir hongermagies

'n Vrou van die Wes-Rand het besluit om betrokke te raak toe sy oplet daar is geen afsetgebiede vir 'n beoogde blikkieskos insameling.

Hy gaan die fietsspeke van Cairo, Egipte tot Kaapstad in Suid-Afrika vir honger kindermagies laat sing – ‘n afstand van 12 000km ver.

Toe Amanda Verster-Van der Merwe van Wentworthpark dit op haar vriend, Ivan Zimmerman, ‘n Suid-Afrikaanse akteur se facebook-blad sien, het sy geweet dat sy ook betrokke wil raak, “want om so ver te trap is beslis nie vir sissies nie”.

Ivan is tans op die Tour d’Afrique fietstoer wat op 9 Januarie begin het en as als goed verloop sal hy dit op 9 Mei voltooi. Hy het die laaste keer op sy facebook-blad op 25 Maart geskryf dat hy nou in Malawi is.

Amanda het gesê sy het die idee gekry om hom met die Can-A-Kilo, ‘n projek wat beoog om 12 000 blikkieskos (‘n blikkie vir elke kilometer afgelê) oor die tydperk van vier maande in te samel.

“Ek het op sy webblad gaan kyk en gesien daar is geen afset gebiede in die Wes-Rand waar blikkieskos ingehandig kan word nie. Dit is toe dat ek betrokke wou raak.”

Sy het gesê sy het vir Ivan gekontak en hy haar die groenlig gegee om namens hom die niebederfbare kos in te samel – hy het selfs vir haar gesê hy sal die blikkies by haar kom afhaal.

“Daarom hoop ek die Wes-Rand kan werklik wys hulle gee om, ons is tog daarvoor bekend om altyd ‘n helpende hand aan ‘n ander uit te reik en as elkeen net twee blikkieskos gee sal dit reeds ‘n verskil maak.”

Van haar kant af het sy reeds vriende, familie en besighede genader om haar met haar blikkiekos-insameling te help. Van die blikkieskos is reeds by haar huis en die ander is by haar werksplek in Constantia Kloof, Roodepoort.

“Ek beoog om 1 000 blikkieskos vir hom in te samel voor hy na Suid-Afrika terugkeer om dit te haal.”

Verster-Van der Merwe het voorts gesê ‘n plaaslike onderneming CEW Hobbies het reeds hulle steun gewys deur 10 blikkieskos ‘n week te skenk.

Nou hoop sy dat ander Wes-Randse besighede dit kan ewenaar of selfs kan verbeter.

“Ek hoop regtig ons as ‘n gemeenskap kan nog verder ‘n verskil in ander se lewens maak.”

Amanda het gesê sy selfs die blikkieskos in die Wes-Rand gaan afhaal as dit die nie by haar afgegee kan word nie. Sy kan op 082 598 8258 gekontak word vir meer inligting.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button