Editor's choiceMunicipalNews

Munisipale rekening nagmerrie

'n Inwoner van Mindalore hoop ander kan uit sy foute leer.

Die telefone lui net.

Met hande wat deur munisipale rekeninge blaai vertel George Weber,73, ‘n pensioentrekker van Mindalore hoe Mogale City Plaaslike Munisipaliteit hom vir agterstallige gelde bly melk.

“Dit is nie my skuld dat ek nie my munisipale rekeninge in die pos kry nie. Die Poskantoor is veronderstel om dit af te lewer, maar nee hulle staak mos gereeld.”

Hy het gesê hy het sy deel gedoen toe hy besef dat die rekeninge nie betyds by hom uitkom nie.

“Ek het die munisipaliteit gebel sodat ek kon uitvind wat ek hulle skuld, maar die fone lui net. Wanneer ‘n mens wel iemand in die hande kry, dan maak hulle beloftes dat hulle gaan terugskakel – maar dit gebeur nie!”

Die enigste keer wat hy uitvind wat sy rekeningbedrag is, het hy gesê, is wanneer die munisipaliteit iemand stuur om sy krag te kom sny.

“Dan sê hulle vir my dit is die bedrag, dat ek dit moet betaal.”

Weber het gesê hy hoop nou dat ander inwoners nie in dieselfde strik as hy sal beland nie.

“My elektrisiteit is reeds twee keer só afgesny en dan sit my huishouding vir drie dae sonder krag.”

Hy het gesê omdat hy as ‘n trokbestuurder werk moet hy eers by die werk verlof insit om sy rekeninge te kan gaan betaal.

“Ek is ‘n kontrakwerker en word dus per uur betaal.”

• Die News raai inwoners aan om steeds ‘n gereelde betaling te maak gebasseer op die bedrag van die laaste rekening wat ontvang is in tye wanneer daar ‘n staking is.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button