Wie is Luitenant-Generaal JL van Deventer?
Gebore in Ficksburg in die destydese Oranje Vrystaat het hy as 21-jarige sy militêre loopbaan in die destydse Transvaal Republikeinse magte in Pretoria begin.
Teen amper twee meter lank was Luitenant-Generaal Sir Jacob Louis van Deventer, ‘n Suid-Afrikaanse militêre bevelvoerder, as ‘n groot man beskou.
Op 6 Mei 1922 het hy die steen van ‘n monument langs die Krugersdorp Biblioteek in Von Brandisstraat ter nagedagtenis van die soldate wat in die Groot Oorlog, ook bekend as die Eerste Wêreld Oorlog, gesneuwel het, gelê en sterf drie maande later op 32-jarige ouderdom in Pretoria op 17 Augustus 1922.
Maar min Krugersdorpers weet wie Van Deventer is.
Hy gebore in Ficksburg in die destydse Oranje Vrystaat op 18 Julie 1874 het hy later met Maria Cornelia Snyman die huwelik betree.
As 21-jarige het hy sy militêre loopbaan in die destydse Transvaal Republikeinse magte in Pretoria begin waar hy later in die Anglo-Boere Oorlog, wat van 1899 tot 1902 geduur het, geveg het waar hy ook in guerilla taktiek geskoold was.
‘n Ernstige besering aan die einde van dié oorlog het sy vermoë om te praat aangetas.
In 1914 het hy na die militêre diens vir die Eerste Wêreld Oorlog teruggekeer waar hy die bevelvoerder vir die vorming van die Unieverdedigingsmag in die Duits-Suidwes-Afrika-veldtog was.

Dié veldtog was ‘n koloniale byvertoning van die Eerste Wêreldoorlog vanaf Augustus 1914 tot Julie 1915 wat gelei het tot gevegte om die Duitse kolonie Suidwes-Afrika (tans Namibië). Die gevegte het ook uitgebrei tot die suidelike grens van Portugees-Wes-Afrika en dele van die Unie van Suid-Afrika.
Tydens die Duits-Oos-Afrika-veldtog, ‘n reeks veldslae en guerilla-aksies tussen 1916 en 1918 wat in Duits-Oos-Afrika begin en versprei het na dele van Mosambiek, Noord-Rhodesië, Brits-Oos-Afrika, Uganda en Belgies-Kongo, was hy ‘n bevelvoerder van die Suid-Afrikaanse Oorsese Ekspedisiemag.
Hy was ook in hierdie tydperk ‘n bevelvoerende generaal vir al die Britse imperiale magte in die streek, al kon hy nie Engels gepraat het nie.
Vir sy Britse militêre diens is hy twee keer tot ridder geslaan en hiervoor het hy die Mees eerbare Orde van die Bad asook die Orde van St Michael en St George ontvang.
Vir sy aandeel in die Anglo-Boere Oorlog is hy met die Dekoratie voor Trouwe Dienst, ‘n militêre dekorasie vereer.
Na die oorlog, was hy ‘n deeltydse inspekteringsbeampte voordat hy die pos as hoofbeampte van die Portugese Militêre Orde van Aviz in 1921 aanvaar het.
‘n Jaar later in 1922 was hy in bevel van die berede brigade wat met bedrywighede begin het om die 1922-staking ook bekend as die Rand-rebellie (‘n tipe burgeroorlog onder arbeiders van die Witwatersrand mynbedrywighede) te onderdruk.
• Addisionele bronne: Wikipedia
