
Eskom se beurtkrag spook wil net nie gaan lê nie, maar dit beteken nie dat hy inwoners ongemerk moet kom verras nie.
Die Wes-Randse Sakekamer het die beurtkrag-skedule vir Mogale City vir Mei-maand vrygestel en ons by die News raai lesers aan om dit uit te druk waar dit sommer teen die yskasdeur geplak kan word.
Intussen maan Eskom verbruikers steeds om hulle elektrisiteitsverbruik te verminder soos om alle nie-noodsaaklike toestelle, lugversorgers, geisers en swembadpompe deur die dag af te skakel om só die vraag na elektrisiteit te verminder.
Eskom se kommersiële kliënte, veral winkelsentrums en kantoorgeboue, kan die grootste verskil maak deur hulle nie-noodsaaklike ligte en kantoortoerusting soos fotokopieerders en rekenaars af te skakel wanneer hulle die gebou verlaat.
Indien dit gebeur dat beurtkrag wel toegepas moet word sal Eskom dit deur middel van die media bekendstel.
Verwante artikels:
• Do locals listen to Eskom’s load shedding pleas?
• Load shedding is Eskom’s call
