Eskom nie te blaam vir kragonderbreking
Die naweek se rugby kyk was uit toe die krag onverwags afgaan, maar hierdie keer was dit nie Eskom se skuld nie.
Die kragonderbreking in Burgershoop die afgelope naweek is nie te danke aan Eskom nie.
‘n Vragmotor, wat twee waens gesleep het, het op Saterdagmiddag ‘n skerpdraai in Roodestraat gemaak toe dit ‘n elektrisiteitspaal met een van die waens gehak het.
Lede van die Sektor 5 Gemeenskapspolisiëringsforum (GPF) het vinnig gereageer toe die vragmotor die paal gehak het.

Daar word vermoed dat die vragmotor by Jobstraat afgery het en baie gesukkel het om in Roodestraat in te draai.
Met die impak van die vragmotor se sleepwa is die kragpaal geknak en Burgershoop was amper onmiddelik sonder krag gelaat.
Die GPF lede het die pad afgesper en gehelp met die vloei van verkeer in die area.
Die krag was gelukkig later weer in die area herstel.
