Local newsNewsUpdate

‘n Leemte na twee van Nic Diederichs sterf

Anton Strauss, adjunkhoof van die HTS Nic Diederichs het laat weet dat die skool se innige simpatie met die oorledenes se familie is.

Die Hoër Tegniese Skool Nic Diederichs se leerlinge, vriende en personeel is in rou gedompel.

Só het Anton Strauss, adjunkhoof, in ‘n persverklaring laat weet nadat twee personeellede, wie deel is van ses mense wat gister in ‘n ernstiger motorongeluk op die N14-hoofweg in Brandvlei betrokke was, gesterf het.

Skoolhoof Gunther Bühner en Jackie Alberts, ‘n rekeningkunde onderwyser was omstreeks 7.25nm met ‘n ander voertuig in ‘n kop-aan-kop botsing betrokke. Beide die ses wat oorlede is, is nog vier mense beseer, waaronder twee kinders tussen die ouderdom van 13 en 16.

Alberts se vyfjarige dogtertjie is ook in die ongeluk dood.

“Hulle heengaan laat ‘n groot leemte – ons het reeds personeellede en leerlinge van hulle afsterwe in kennis gestel. Beraders is beskikbaar gemaak vir enige iemand wat oor die tragiese gebeurtenis wil praat,” het hy gesê.

“Hierdie beraders sal regdeur die week beskikbaar wees sowel as in die toekoms indien nodig.”

Strauss het gesê hulle wou graag hê dat ouers oor van die ongeluk bewus moet wees sodat hulle met hul kinders daaroor kan gesels.

“Ons innige simpatie, gedagtes sowel as goeie wense gaan uit na die oorledenes se familie en vriende.”

Die skool kan van Woensdag af op 011 660 3161 gekontak word indien ouers voel daar moet verder oor die saak gepraat word.

Back to top button