[VIDEO] Lê jou hart ook by ons bejaardes?
As jy ook voel jy wil hoop in ons bejaardes se oë terugploeg, is hierdie projek dalk vir jou.
Febe von Wielligh het ‘n sagte plekkie in haar hart vir bejaardes en nou gaan sy seker maak hulle is gelukkig.
Febe mik, wat huidiglik haar tesis in pastorale berading voltooi, om teen einde Julie 100 geskenk- en kospakkies bymekaar te maak en vir Krugersdorp se bejaardes uit te dee.
“Ek wil spesifiek na behoeftiges gaan kyk, veral díe wat op straat is,” vertel Febe.
“Ons bejaardes is in die laaste fase van hulle lewe, ons moet hulle geestelike en fisiese welstand oppas.”
Febe wil graag hulp vanaf die gemeeskap aanmoedig sodat die geskenkpakkies ‘n werklike bydrae tot die bejaardes se lewe kan voeg.
“As ons almal saam werk, kan daar ‘n algehele verbetering in ons ou mensies se lewens wees,” vertel Febe.
Die geskenk- en kospakkies sluit, onder andere, handskoene, room, waslappies, sjampoe, skuifies, sop, boontjies en ‘n Christelike tydskrif in. Febe hoop dat hierdie pakkies, met die hulp van die gemeenskap, nog meer sal insluit.
As jy graag vir Febe wil help, skakel haar op 082 771 2047.
“Die uitdrukking op bejaardes se gesiggies wanneer hulle besef daar is nog iemand wat omgee, maak hierdie projek die moeite werd.”
Verwante artikels:
• Plaaslike bejaardes vra VF Plus om hulp
• Grain Care bederf bejaardes weer
• Spesiale bederf vir bejaardes
