Vrymesselaars nooi jou uit
'Die idee is om manne te neem en hulle soos klippe te sluip en verbeter.'
Die Vrymesselaars is op soek na nuwe Afrikaans- en Holland-sprekende lede aan die Wes-Rand om by hul losie aan te sluit.
Met ’n besoek aan die News het twee Vrymesselaars, Steve Groenveld en Piet Könemaan die geskiedenis van hul organisasie en die verskillende losies vlugtig vertel en meer spesifiek dié van Eendracht Maakt Macht No 8-losie.
Wat dié losie wat in 1899 gestig is spesiaal maak, is dat hulle hul rituele in Hollands uitvoer en die enigste Hollandse losie in Afrika is.
Indien jy nie Hollands praat nie, bied die losie ondersteunende leesmateriaal om te help met die uitspraak.
Die losie mag onder geen omstandighede as ’n besigheidsnetwerk besou word nie omdat hulle eerder daarop fokus om manne te vorm en verbeter.
Hierdie losie raak graag betrokke by Wes-Randse welsynsorganisasies soos die voormalige Kroningspark informele nederstigting en die Roodepoortse DBV.
Maar die Vrymesselaars verkies om nie daaroor te spog nie.
Hulle beweer hulle help ander graag deur skenkings en donasies te doen.
“As jy begin is jy ’n growwe steen en dan kap ons jou tot ’n perfekte kubus,” verduidelik Piet, die losie se sekretaris.
Voorsitter Steve verduidelik dat die organisasie nie geheimsinnig is soos beweer word nie maar slegs toegewy is aan hul ryk tradisie.
Om by die Vrymesselaars aan te sluit moet jy manlik wees en 21 jaar of ouer.
Vir meer inligting kontak Steve by 083 267 4831 of 011 672 5097 of Piet by 083 307 2211 of stuur ’n epos na perkon@telkomsa.net.
Sou jy graag nuusflitse via WhatsApp wil ontvang? Stuur ‘n SMS/ WhatsApp boodskap met jou naam en selfoonnommer na 079 435 3799.
Maak seker dat U kennis neem van ons WhatsApp-vrywaring
Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na krugersdorpnews@caxton.co.za of skakel ons by 011 955 1130.
Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes Randfontein Herald, Roodepoort Record en Get It Joburg West Magazine
Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!
