Local newsNews

Vyf generasies van dogters

85-jarige Ouma Attie is 'n trotse oumagrootjie van haar agterkleinkind se twee-maande oue baba dogtertjie.

Met die geboorte van Miane Oelofse twee maande gelede, kan hierdie familie nou spog met vyf eerstegebore dogters uit vyf generasies.

Elke dogter, behalwe die jongste, se ouderdomme verskil met presies 20 jaar.

“My ma is 85, ek is 65, my dogter is 45 en haar dogter is 25 jaar oud,” het Rina Theart verduidelik.

Ouma Attie Daniels, die eerste van dié eerstegebore dogters, het gesê hulle is ’n hegte familie en spandeer gereeld tyd saam.

“Familie is die belangrikste ding. Die Here seën my so met al my kinders se liefde,” het sy gesê.

Ouma Attie kon nie wag om haar agter-agterkleinkind vas te hou toe sy gebore is nie.

Chavroné, Miane se ma en die vierde geslag dogter, is die enigste ma wat nie 20 jaar oud was toe sy geboorte gegee het nie.

Rina vertel dat vandag se jongmense meer selfstandig is en daarom trou en kry hulle eers later kinders.

“Die lewe het ook al so duur geword. Jy maak maar eers al jou goedjies bymekaar voordat jy trou en kinders kry.”

So moeilik soos wat dit is om kop te hou wie wie se ouma of oumagrootjie is, is dit net so skaars om weer só ’n familie te ontmoet. Dit is immers ’n voorreg om selfs jou ouma te kan ken.

Related articles:

Historic families celebrate a heritage high tea

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button