Editor's choiceMunicipalNews

Straatname verander oordag

Inwoners skrik toe straatname helder oor daglug verander is.

‘n Nuwe adres, regtig?

Dit was van die grapperig kommentaar en aanmerkings wat op die Facebookblad ‘Krugersdorp Network Community’, toe ‘n inwoner haar nuwe adres bekend maak.

Na talle oproepe na verskeie raadslede en die Mogale City Plaaslike Munisipaliteit kon die News bevestig dat dit die werk is van ‘n kontrakteur wat deur die raad aangestel is. ‘n Betroubare bron het verduidelik die projek het klaarblyklik te vroeg afgeskop en meen dit is die gevolg van gebrekte beplanning.

Straatname was nie net by die verkeerde hoeke geplant nie, maar die spelling van straatname soos byvoorbeeld Donegalstraat word steeds Donogelstraat gespel.

“Dit is nie net Kenmare wat deur hierdie penarie getref is nie, maar ook ander strate in ander areas in Krugersdorp.”

Nadat die eerste foutiewe bordjie by die kontrakteur aangemeld is, is die projek dadelik stopgesit en sal heel waarskynlik op ‘n latere stadium hervat word.

Sou jy graag nuusflitse via WhatsApp wil ontvang? Stuur ‘n SMS/ WhatsApp boodskap met jou naam en selfoonnommer na 079 435 3799.

Maak seker dat U kennis neem van ons WhatsApp-vrywaring

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na krugersdorpnews@caxton.co.za of skakel ons by 011 955 1130.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes Randfontein Herald,  Roodepoort Record en Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button