Editor's choiceLocal newsNews

[FOTO’s] ’n Dop op Spurge

'n Andersoorte afskeidsdiens vir die kroegeienaar Spurgeon de Wit.

Vriende, familie en kroegpelle het bymekaar gekom om ’n dop op Spurgeon de Wit te drink.

Die kroegeienaar wat ’n bekende persoonlikheid in die motorfietsgemeenskap en dorp was is op 22 Julie ter ruste gelê.

Lees die aanvanklike artikel hier: Totsiens aan ‘n legende

Die begrafnisdiens is deur Johan van Eck by die West Rand Bikers Church in Dan Pienaarville waargeneem en is met die tradisionele laaste rit afgesluit.

Na die diens het vriende en familie na Spruge se kroeg, Champions in Lewisham gegaan om ’n dop op hom te drink en sy lewe te vier.

Van dié wat die begrafnis bygewoon het, het aan die News vertel hoe hulle hom ontmoet het en wat hulle altyd van hom sal onthou.

ET van die Red Heart Riders het gesê hy het saam met Spurge motorfiets gery in die 90’s en ken hom al jare.

“Hy was toe nog jonk en mooi,” het Vicky van Rooyen bygevoeg, terwyl die groep nagedink het oor ’n vriend wat hulle verloor het.

André Chappies, wat vir die Souls of Mayhem-klub ry, het vertel dat Spurge altyd na homself as Dokter De Wit verwys het wat alles kan uitsorteer.

“Ek sal hom nooit vergeet nie. Ons het ’n verjaarsdag gedeel,” het Stan-the-man, nog ’n pel van Spurge, gesê.

JP en Jacques van Aswegen het gesê hulle sal nooit sy lag vergeet nie, en die laatnagoproepe van die kroeg af wanneer Spurge vra hulle moet die kitaar kom tokkel.

’n Vriendin, Hettie Krieg het gesê sy leuse was, “Wie se beurt is dit vir ’n kleintjie?” wat na ’n Jägermeister verwys het.

Amigos, soos hy in die dorp bekend is, het grappenderwys gesê, “Ek ken vir Spurge better as jy.”

Hy het vertel hoe hy gereeld vroegoggend by die kroeg ingeloer het en soms vir Spruge sou aanjaag om die deur oop te sluit.

“‘Jy is ’n bietjie vroeg Amigos, moet ek jou nie help om die plek oop te sluit nie?’ het hy altyd met my gespot,” het Amigos met trane in sy oë vertel.

Sarie Mullyney, eienaar van die Witpoortjie Hotel, wat Spurge sedert hul weermagdae geken het, het ook van Spurge kom afskeid neem.

Hy het altyd gesê, “Ek moet net klaar rook, dan gaan ons braai.”

Verwante artikel:

• Totsiens aan ‘n legende

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button