Daar is hulp vir serebraal-gestremdes
Serebraal gestremde kinders kan ook 'n gemaklike lewe by die huis lei.
Kan ’n dorp te veel nie-winsgewende organisasies (NWO) hê?
Volgens die voorsitter van Save A Child, Boet Jonk, is daar altyd ’n behoefte aan mense en organisasies wat minderbevoorregtes help.
Save A Child, wat in 1998 in Krugersdorp as ’n NWO gestig is, ondersteun meer as 80 serebraal-gestremde kinders reg oor die land.
“Ons help ouers van serebraal-gestremde kinders met kospakkies en spesiale doeke,” het Boet vertel.
Die doeke kos Boet en sy span ongeveer R1 miljoen ’n jaar, so donasies is werklik iets waarop Save A Child staatmaak.

Save A Child se ondervoorsitter, George Horne, glimlag as hy oor die kinders in hul sorg praat. Binne die byna vervalle huis in Humanstraat waar Save A Child gevestig is, kan jy inderdaad sien dat geen fondse vir enigiets anders as doeke en kospakkies ingesamel word nie.
“Ons wil hê gestremdes moet behoorlike versorging kry sodat hulle ook ’n gemaklike lewe kan lei.”
Die mure van die huis is versier met foto’s en kort biografieë van die kinders onder Save A Child se vlerk. George het die News vertel van ’n paar kinders wat hulle al aan die dood moes afstaan wie se foto’s nog daar hang.

Beide Boet en George het ’n sagte plek vir behoeftige kinders.
“My kleinkind is net so na my aftrede deur ’n motor doodgery. Dit het my aangemoedig om te help waar ek kan.”
As jy Save A Child wil ondersteun, kontak Boet by 072 3459 661 of George by 078 441 7403.
Jy kan Save A Child ook só help:
1. Doen ’n donasie of kontak hulle om uit te vind oor die doeke-aankope.
2. Ondersteun Save A Child se fondsinsamelingsprojekte soos Mnr en Mej Save a Child.
3. Ondersteun Save A Child tafels by verskeie inkopiesentrums.
4. Gee ‘n bietjie van jou tyd.
Verwante artikels:
• PHOTOS] President wants to be a gift to the community
• [PHOTOS] Tough guys rough it for charity
• Charity Golf Day — For Abused Children
Sou jy graag nuusflitse via WhatsApp wil ontvang? Stuur ‘n SMS/ WhatsApp boodskap met jou naam en selfoonnommer na 079 435 3799.
Maak seker dat U kennis neem van ons WhatsApp-vrywaring
Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na krugersdorpnews@caxton.co.za of skakel ons by 011 955 1130.
Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes Randfontein Herald, Roodepoort Record en Get It Joburg West Magazine
Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!
