Local newsNews

Sweet tap by bejaardes se interhuis

Uit die vier huise kon net een met die groot wentrofee wegstap.

Die jaarlikse ouetehuis-interhuissportdag het gister (21 Oktober) by die Moria Sentrum vir Bejaardes afgeskop – en die deelnemers het beslis nie gekom om te verloor nie.

Van doelskop en doelgooi tot jukskei en geesvang, daar is seker gemaak g’n bejaarde sit te lank stil nie.

Die Raad vir die Versorging van Bejaardes (KCCA), Golden Age Village, Moria Sentrum, Emmanuel- en Luipaardsvlei-tehuis is deur hul onderskeie huisspanne verteenwoordig. Elke deelnemer het hul harte uit geskop en gegooi om die wenprys te kry.

Jean Louw het skoonskip gemaak in die jukskei-afdeling.
Jean Louw het skoonskip gemaak in die jukskei-afdeling.

By die netbalpaal het bejaardes in rye gestaan om punte aan te teken vir hulle huis. Uit die ses kanse wat Julie Bezuidenhout gekry het, het sy met drie punte weggestap en Golden Age Village laat voorloop.

Maar by die jukskei het veteraanspeler Jean Louw sommer gou gewys wie is baas met haar vier uit ses paaltjies wat sy omgeslaan het.

“Ek het jare terug baie jukskei gespeel en ek moes altyd met die swaar skeie gooi,” het sy vertel.

Vandag het sy steeds die swaar skeie opgetel en toe vier wengooie gekry. Ouderdom het beslis nie hier ‘n rol gespeel nie.

Julie Bezuidenhout doen haar bes om vir die KCCA-span 'n doel te gooi.
Julie Bezuidenhout doen haar bes om vir die KCCA-span ‘n doel te gooi.

By die ondersteunersbankie het Tina Kriel haar stem behoorlik dik gemaak en haar spanmaats aangemoedig om meer punte aan te teken.

Maar aan die einde kon daar net een wenner wees. Luipaardsvlei-tehuis het die meeste punte aangeteken en is huis toe met die groot wentrofee terwyl Emmanuel-tehuis met die geesbeker weggestap het.

Eleanor Stemmet, Emmanuel-tehuis se aktiwiteitskoördineerder, het vertel dat vanjaar se spanne baie meer mededingend was.

Jean Louw het skoonskip gemaak in die jukskei-afdeling.
Jean Louw het skoonskip gemaak in die jukskei-afdeling.

“Elke huis het met ‘n sportitem vorendag gekom,” het sy gesê.

Die sportdag is deel van die Departement van Maatskaplike Ontwikkeling se Aktief Oudword-program en word jaarliks in Krugersdorp gehou.

Verwante artikel:

• Brandewyn en tabak vir ‘n lang lewe, spot 100-jarige

• Teddiebere vol liefde

• Bejaardes se veiligheid lê GPF na aan die hart

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button