Editor's choiceLocal newsNewsSchool sportSchoolsSport

Knapgedaan vir Noordskool se sportster

Wat het Waldo van den Berg en Damian de Allende in gemeen?

Waldo van den Berg, 12, is ‘n Graad 6 leerling van Laerskool Krugersdorp-Noord en het vroeër vanjaar die D2 Streek Gauteng span vir spiesgooi en gewigstooot gehaal.

Daarna is hy ook in die Provinsiale Gauteng Span, wat aan die Suid-Afrikaanse Kampioenskappe deelgeneem het, ingesluit.

Hy het ook op die krieketveld presteer en was vir die Gauteng-Wes D2 Krieketspan die afgelope seisoen gekies.

Maar sy groot passie is rugby en hy was in die Goue Leeus onder 12 rugbyspan opgeneem.

Volgens sy pa, Sakkie, het Waldo op die ouderdom van ses ‘n belangstelling in die sport getoon wat in ‘n passie ontwikkel het.

Walso sê dikwels dat hy graag eendag as ‘n professionele rugbyspeler sou wou speel op nasionale vlak.

Hy is ‘n baie groot Leeus ondersteuner en was behoorlik in sy knoppies toe die span vanjaar se Currie Beker gewen het.

Tydens vanjaar se Rugby Wêreldbeker het Waldo bot agter die Bokke gestaan totdat die eindfluitjie geblaas het.

Sy sportshelde sluit in Alwyn Hollenbach en Damian de Allende wat nes hy ook binne-senter speel.

“Dis baie goed om te presteer, en dit is baie belangrik dat ouers hulle kinders se drome ten volle sal ondersteun,” sê sy trotse pa, Sakkie.

Hierdie rugby-mal seun is ook onlangs gekies as Noordskool se onderhoofseun vir 2016.

Soortgelyke artiekels: 

Ontmoet Noordskool se mooistes

[FOTO’s] Noordskool kinders presteer of verskeie gebiede

Noordskool se rugby spiertiere

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button