Local newsNews

[FOTO’s] Jonk en vol liefde – vir díe wat dit benodig

'n Jong paartjie het vir 'n jeug sentrum 'n Kersfees partytjie gegee wat hulle nie gou sal vergeet nie.

‘n Jong paartjie het hulle harte vir minderbevoorregte kinders oopgemaak, sonder dat enigiemand hulle eens gevra het.

Liezel en Wessel van der Westhuizen is twee laat-twintigs, hardwerkende ouers wat hierdie Desember ‘n Kersfees wou reël vir kinders wat dalk nog nooit een gevier het nie. Hulle het dit binne twee maande reggekry en op Saterdag, 14 November vir meer as 200 minderbevooregte kinders in Krugersdorp-Wes ‘n Kersfeespartytjie gegee. En moenie vergeet van die geskenkies nie …

Kinders wat aan die Volle Evangelie Kerk in Krugersdorp-Wes se jeugsentrum behoort, het die dag in die son geniet en was met glybane, springkastele en selfs gesigverf bederf.

Liezel en Wessel het seker gemaak elke kind kry ‘n hoed, geskenk, eet- en drinkgoed en ervaar die geluk waaroor Kersfees werklik vir die paartje gaan.

Maar nou hoekom so iets doen? Nie Liezel of Wessel behoort aan ‘n liefdadigheidsorganisasie nie, maar tog het hulle op hul eie onkoste hierdie dag moontlik gemaak.

Liezel vertel sy het een oggend wakker geword met die idee om minderbevoorregte kinders te help. Sy sou by vriende. familie en selfs kollegas die nodige donasies insamel en vir ‘n groep wat dit nodig het, oorgee.

“Ek dink ons weet hoe dit voel om te sukkel, veral as jy ‘n kind is. ‘n Kind vra nie om te sukkel nie en dis ook nie sy of haar skuld nie,” verduidelik Liezel.

Nie net het Liezel talle kinders se harte geraak nie, maar hul ouers het ook weer ervaar waaroor geluk en liefde gaan. Geroline van der Westhuizen, Liezel se skoonma, het vertel hoe elke ouer ook deur die paartjie se vrygewigheid geraak is.

“Nes hulle is ek verbaas oor wat Liezel enWessel gedoen het. Waar sien jy dat iemand, wat so jonk is, só uit hulle pad sal gaan om vreemdelinge te help?”

Die Sondagaand het elkeen van die kinders weer by die kerk ontmoet om hulle geskenkies te ontvang. Daar was sokkerballe en skaatsplanke, onder andere, wat nie gou genoeg onder die Kersboom uitgepluk kon word nie en Kersvader was daar om elke geskenk oor te handig.

“Dit was ‘n groot sukses. Ons wil dit graag weer volgende jaar doen,” sê Liezel.

In Desemer verwag Liezel en Wessel ‘n seuntjie wat die familie tot vier gaan laat groei. Maar sy sal altyd die 220 kinders onthou sodat sy elke jaar meer en meer kinders kan inspireer om te wees wie hulle graag wil wees en te weet dat daar iemand daar buite is wat steeds omgee.

Vir nog foto’s, kliek hier.

Verwante artikels:

• Spesiale bederf vir kinders

• Sopkombuis gee terug vir Mandela Dag

• Winter Kersfees vir kindertjies

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button